Maggie's Exquisite Artworks. Website Design by ARK Web Design

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyegaleryAbstrakAlgemeenDiereMenseMuurskilderyeNatuurStelleSuitesVoëlsWonings

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

 

 

English

 

Muurskilderwerk

     
Die belangrikheid van 'n goeie eerste indruk, wat dikwels 'n blywende indruk is, is uiters belangrik. Maggie skep muurskilderye of taferele vir ingangsportale of ontvangsareas by winkels, kantore, besighede en selfs ontvangslokale by herberge en restaurante. Haar buitengewone natuurtonele en unieke panoramas, wat 'n gewone vertrek of area in iets heel besonders en pragtig-uniek omskep, sal 'n saai vertrek of vervelige ingang 'n pragtige metamorfose laat ondergaan en 'n heerlike aanknopingspunt vir geselskap wees.

As u 'n moeilike area by 'n vertrek het wat spesiale dekor nodig het, oorweeg gerus dat Maggie vir u 'n spesiale ontwerp maak wat daardie onbenutte deel sal opkikker. Hier kan byvoorbeeld enige inspirerende beeld gebruik word soos 'n ridder op sy perd, vinnige en moderne motors, 'n bergklimmer naby die kruin of rustige tonele soos 'n seiljag op die pragtige oseaan.

Sommige van die muurversiering is nie net pragtig nie, maar selfs leersaam as dit in klaskamers of gange in skoolgeboue gebruik word. Maggie ken beslis haar A, B, C's en kan baie toepaslike versierings vir sulke areas ontwerp en skep. Sy kan ook die agtergrondpanele of dekorstelle verf vir skoolopvoerings.

Dalk benodig u 'n pragtige muurskildery of muurtoneel en bykomende versierings vir 'n baba- of kinderkamer. Miskien iets moois met teddiebeertjies, sagte speelgoed of feetjies en dwergies of sommer net oulike klein ponies. Sulke ontwerpe is Maggie se forté.

U kerk is pragtig gebou, maar u wil graag iets besonders vir die voorportaal laat doen of dalk 'n groot venster-area mooi laat versier. Dan kan u gerus vir Maggie skakel. Haar Christelike geloofsoortuiging sal pragtig uiting vind in so 'n skepping vir u kerk. Sy verf uiters keurige muurtonele en kan selfs groot vensters met kleurvolle Bybeltonele vul in pragtige tablo's.

Dalk soek u iets eksklusief vir 'n gastehuis of kompleks se ingang, ontvangs-area of voorportaal. Die besondere natuurtonele wat Maggie skep, sal 'n groot aanwins vir u projek of plek wees.

As u 'n argitek is wat iets heel uitsonderlik wil aanbied vir u baie belangrike kliënte, sal u baie baat vind deur Maggie te vra vir skeppings wat sy volgens die kleurskema en styl van u gebou- of huisontwerp kan ontwerp en skilder. Hier is veral haar natuurtonele in suites, asook haar stelle iets wat ernstig oorweeg en met groot flair gebruik kan word. Haar muurversierings en skilderye sal net daardie ekstra tikkie afronding gee wat 'n pluspunt sal wees.

Vir die restourasie entoesias, wat ou wonings graag wil opkikker, bly die muurskilderye iets wat nuwe kleur en weer waarde gee.

Maggie skep ook mooi en toepaslike kommersiële versierings vir boekwinkels, restaurante, eetlokale, kafees, en blommewinkels of talle soortgelyke plekke. Sy kan die kuns op uithangborde of vensterskilderye voorsien. Sukkel u om 'n gepaste versiering vir u uitstalvenster of uithangbord of ander advertensiebord te kry? Dalk iets vir 'n winkelvenster of 'n bepaalde uitstalruimte? Stuur gerus 'n Navraag met u besonderhede en Maggie sal met graagte kyk na u projek en voorstelle maak.


Kennisgewing:
Maggie se werksprogram is op die oomblik BAIE vol. Bestellings word tans dus nie aanvaar nie, maar besoekers of belangstellendes kan Maggie met behulp van die Navraagvorm kontak om te hoor of sy nog projekte kan opneem en watter nuwe skilderye beskikbaar is.

 

Skilderyefotogalery: Muurskilderye

Click on thumbnail for larger version

Titel: 'n Dag by die swembad

Beskrywing: 'n Kind wat met 'n bal speel in die swembad.

Kode: 526

 

Titel: Borrels

Beskrywing: Abstrak in lig- en donkerder blou. Muurversiering vir 'n skool se swembad. Muurverf.

Kode: 550

 
Kyk ook by Stelle vir abstrakte werke in 'n stel

 

   
    Werfkaart

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Skilderyegalery
Abstrak
Algemeen
Diere
Mense
Muurskilderye
Natuur
Stelle
Suites
Voëls
Wonings

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyegaleryAbstrakAlgemeenDiereMenseMuurskilderyeNatuurStelleSuitesVoëlsWonings

ADSA Advertensies

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Lys van kunstenaars by Piazza

List of artists at Piazza


swallowsoftware.arkpark.net

 ARK Web Design © 2010 - 2023
ARK Webontwerp © 2010 - 2023

Download Bible: Angel playing violin
Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text