Maggie's Exquisite Artworks. Website Design by ARK Web Design

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyegaleryAbstrakAlgemeenDiereMenseMuurskilderyeNatuurStelleSuitesVoëlsWonings

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

 

 

English

 

Skilderye

Unieke Skilderye

Maggie se Keurige Kunswerke: Skildery

     
Maggie's Exquisite Artworks sluit verskeie soorte kunswerke in soos juwele, kerse, versierde bottels en inkleurboeke, maar dis die veelsydige style in haar skilderye wat die toppunt van haar kunstalent vorm.

Van die tonele in die skilderye word deur die natuur geïnspireer. Die oorheersende variasies van groen in sekere tonele beklemtoon die varsheid, en nuwe lewe van die wonderlike natuur om ons. Die verskeie mooi groene en hemelsbloue en warm oranjes en bruine, tipeer die eksotiese natuur van die plattelandse omgewing wat haar inspireer, maar die helder en sonnige kleure in haar skilderye onderskei haar kleurplosende kunswerke.

Maggie skilder met en op verskeie mediums, maar akrielverf op skilderdoek en -bord is tans die hoof produkte wat sy aanwend.

Alhoewel natuurlandskappe en panoramas die hoof kenmerk van haar werke is, ontwerp en skep sy ook skilderye in abstrakte style en met water- en olieverf.

Wil u graag 'n skildery of twee kry vir 'n spesiale geleentheid soos 'n troue, herdenking,  doopgeleentheid, fees, skoolkonsert of kermis? Maggie sal graag skilderye wil skep vir sulke vierings.

Beplan jy tans aan 'n troue of ander soort baie belangrike onthaal en wil graag iets spesiaals ontwerp hê vir die uitnodigingskaartjies of die dankiesê-kaartjies of miskien selfs 'n skilderye vir gebruik by die verwelkomings ingang? Maggie ontwerp en skep 'n hele reeks ontwerpe spesiaal vir bruide en meegaande items vir onthale met temas soos vlinders, duiwe, blomme, die strand, rose, musiek en so meer. Kliënte is welkom om haar te kontak om afsprake vir projekte te maak.

Maggie is ook in staat om bekoorlike tonele vir kinderkamers te skilder in die tema en kleurskema wat by die kamer pas soos byvoorbeeld lappoppe, troeteldiere, skoenlappers en singende voëltjies vir dogtertjies en temas soos seediere, leeus, narre en seilbote vir seuns.

Hierdie skilderye maak ideale geskenke, veral omdat Maggie rondom die persoon vir wie die geskenk gaan se belangstellings, die skildery kan skep. Dus, vir daardie dametjie wat so baie lief is vir honde, kan sy 'n pragtige skildery skep met oulike hondjies. En dan sommer ook nog 'n meegaande bypassende verjaardagkaartjie. Dalk vir Boetman 'n oulike skildery met iets soos lugballonne of 'n mooi seetoneel.

Maggie versier ook buitengewone mooi kamerverdelers met haar skilderwerk vir areas soos sale, ekstra groot vertrekke, voorportale van kerke of kantooringange en sentrums. Temas soos diere, oerwoude, die natuur en berge, of selfs iets rondom bepaalde belangrike herdenkings vir Paasfees, Kersfees, Moedersdag, Vadersdag of ander soortgelyke geleenthede word vertoon.

'n Baie spesiale atmosfeer word geskep met hierdie innemende, kleurryke skildery- ontwerpe in voorportale of ontvangsale by besighede of kantoorgeboue. Dit is geen wonder dat haar skilderye alreeds in welbekende plekke soos restaurante hang nie, maar dis in pragtige wonings, gastehuise en herehuise, waar haar kunswerke die oog maklik vang.

Maggie se keurige skilderykunswerke is 'n aanwins vir binnehuisversierders en haar werke is wonderlike verfraaiings by gemeenskaplike areas, restaurante, kleuterskole, aftree-oorde, baba-, kleuter- of kinderkamers en vakansie- chalets en huise.

Die kunswerke word op versoek, na Internasionale bestemmings soos
Amerika, Kanada, Frankryk, Nieu-Seeland, Duitsland, Nederland, Engeland en Australië verskeep.

Benewens Maggie se skilderye in talle groottes, wat vanaf miniatuur tot groot strek, skep Maggie ook Suites, Stelle en Muurskilderye.

As u 'n skrywer is wat soek na 'n besonder ontwerp vir u nuwe boek se voorblad of omslag, is Maggie net die regte persoon om te skakel.

Al die skilderye word met akrielverf geskilder, hoewel die skilderye se basis oppervlak wissel van houtbord, plat skilderbord, gestrekte skilderdoek, los doeke en papier. Na voltooiing van die skilderye word hulle behandel met kunsvernis. Die skilderye op los doeke of papier kan op versoek geraam word om die waarde en kwaliteit behoue te laat bly.

Kontak Maggie's Exquisite Artworks vir meer besonderhede of vir 'n opdrag vir 'n skildery.

Hoewel Maggie tans net met akrielverf skilder sal sy met graagte ook opdragte in waterverf of selfs olieverf oorweeg.

Kennisgewing: Maggie se werksprogram is op die oomblik BAIE vol. Bestellings word tans dus nie aanvaar nie, maar besoekers of belangstellendes kan Maggie met behulp van die Navraagvorm kontak om te hoor of sy nog projekte kan opneem en watter nuwe skilderye beskikbaar is.

     
 

Voorbeelde van Maggie se skilderkuns:

     
Enkel Skilderye
Besoek die skilderye se fotogalery vir meer inligting oor sommige van Maggie se uitmuntende skilderwerke.
Fotogalery>>
   
Suites
Suites is beskikbaar. Suites word as losstaande produkte verkoop, maar die werke pas tog nog pragtig as 'n reeks bymekaar, hetsy in kleur, tema of beide.
Sien meer>>

 

     
Stelle
Skilderye wat as 'n stel vertoon en besigtig moet word, sodat die volle waarde van die oorkoepelende ontwerp daarvan ten volle demonstreer kan word.
 
Sien meer>>

 

     
Muurskilderye
Muurversiering waar Maggie se pragtige skilderwerk ten toon gestel word, word ook aangebied as sy so 'n werkstuk ontvang.

Lees meer>>

     

 

 

Home/Tuis
Up/Op

 

Skilderyegalery
Abstrak
Algemeen
Diere
Mense
Muurskilderye
Natuur
Stelle
Suites
Voëls
Wonings

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyegaleryAbstrakAlgemeenDiereMenseMuurskilderyeNatuurStelleSuitesVoëlsWonings

ADSA Advertensies

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Lys van kunstenaars by Piazza

List of artists at Piazza


swallowsoftware.arkpark.net

 ARK Web Design © 2010 - 2023
ARK Webontwerp © 2010 - 2023

Download Bible: Angel playing violin
Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text