Veelsydige temas en ontwerpe is beskikbaar in die omvangryke versamelings van Maggie se keurige kunswerke. Óf dit nou deel van Maggie se verruklike Skilderye is of ander kunswerke wat sy deur die jare gedoen het. Sy kan skilderystelle volgens spesiale ontwerp skep en die lieflike lewendige kleure wat sy aanwend skep die ambiance met fantastiese styl. 'n Paar voorbeelde van temas in Maggie se skilderye is: landskappe, wild, die natuur en abstrakte ontwerpe.
Temas in Maggie se juweelkunswerke sluit in klassieke, elegante en delikate style tot opsigtelike, swierige en aantreklike, moderne ontwerpe.
Maggie fokus deesdae uitsluitlik op haar skilderwerk. Weens haar besige program neem Maggie tans ongelukkig nie bestellings nie. Besoekers wat tog nog graag by Maggie wil uitvind of daar nuwe skilderye beskikbaar is, kan haar kontak met behulp van die
Navraagvorm. |