| Maggie's Exquisite Artworks sluit
verskeie soorte kunswerke in soos juwele, kerse, versierde
bottels en inkleurboeke, maar dis die veelsydige style in haar
skilderye wat die toppunt van haar kunstalent vorm.
Van die tonele in die skilderye word deur die natuur
geïnspireer. Die oorheersende variasies van groen in sekere tonele beklemtoon
die varsheid, en nuwe lewe van die wonderlike natuur om ons. Die verskeie
mooi groene en hemelsbloue en warm oranjes en bruine, tipeer die
eksotiese natuur van die plattelandse omgewing wat haar
inspireer, maar die helder en sonnige kleure in haar skilderye
onderskei haar kleurplosende kunswerke.
Maggie skilder met en op verskeie mediums, maar akrielverf op
skilderdoek en -bord is tans die hoof produkte wat sy aanwend.
Alhoewel natuurlandskappe en panoramas die hoof kenmerk van haar
werke is, ontwerp en skep sy ook skilderye in abstrakte style en
met water- en olieverf.
Wil u graag 'n skildery of twee kry vir 'n spesiale geleentheid
soos 'n troue, herdenking, doopgeleentheid, fees,
skoolkonsert of kermis? Maggie sal graag skilderye wil skep vir
sulke vierings.
Beplan jy tans aan 'n troue of ander soort baie belangrike
onthaal en wil graag iets spesiaals ontwerp hê vir die
uitnodigingskaartjies of die dankiesê-kaartjies of miskien selfs
'n skilderye vir gebruik by die verwelkomings ingang? Maggie
ontwerp en skep 'n hele reeks ontwerpe spesiaal vir bruide en
meegaande items vir onthale met temas soos vlinders, duiwe,
blomme, die strand, rose, musiek en so meer. Kliënte is welkom
om haar te kontak om afsprake vir projekte te maak.
Maggie is ook in staat om bekoorlike tonele vir kinderkamers te
skilder in die tema en kleurskema wat by die kamer pas soos
byvoorbeeld lappoppe, troeteldiere, skoenlappers en singende
voëltjies vir dogtertjies en temas soos seediere, leeus, narre
en seilbote vir seuns.
Hierdie skilderye maak ideale geskenke, veral omdat Maggie
rondom die persoon vir wie die geskenk gaan se belangstellings,
die skildery kan skep. Dus, vir daardie dametjie wat so baie
lief is vir honde, kan sy 'n pragtige skildery skep met oulike
hondjies. En dan sommer ook nog 'n meegaande bypassende
verjaardagkaartjie. Dalk vir Boetman 'n oulike skildery met iets
soos lugballonne of 'n mooi seetoneel.
Maggie versier ook buitengewone mooi kamerverdelers met haar
skilderwerk vir areas soos sale, ekstra groot vertrekke, voorportale van
kerke of kantooringange en sentrums. Temas soos diere, oerwoude, die
natuur en berge, of selfs iets rondom bepaalde belangrike
herdenkings vir Paasfees, Kersfees, Moedersdag, Vadersdag of
ander soortgelyke geleenthede word vertoon.
'n Baie spesiale atmosfeer word geskep met hierdie innemende,
kleurryke skildery- ontwerpe in voorportale of ontvangsale by
besighede of kantoorgeboue. Dit is geen wonder dat haar
skilderye alreeds in welbekende plekke soos restaurante hang nie, maar
dis in pragtige wonings, gastehuise en herehuise, waar haar
kunswerke die oog maklik vang.
Maggie se keurige skilderykunswerke is 'n aanwins vir
binnehuisversierders en haar werke is wonderlike verfraaiings by
gemeenskaplike areas, restaurante, kleuterskole, aftree-oorde,
baba-, kleuter- of kinderkamers en vakansie- chalets en huise.
Die kunswerke word op versoek, na Internasionale bestemmings
soos Amerika, Kanada, Frankryk, Nieu-Seeland, Duitsland,
Nederland, Engeland en Australië verskeep. Maggie het
ook reeds 'n
verteenwoordiger in Atlanta, Georgia, in Amerika.
Benewens Maggie se skilderye in talle groottes, wat vanaf
miniatuur tot groot strek, skep Maggie ook
Suites,
Stelle en
Muurskilderye.
As u 'n skrywer is wat soek na 'n besonder ontwerp vir u nuwe
boek se voorblad of omslag, is Maggie net die regte persoon om
te skakel.
Al die skilderye word met akrielverf geskilder,
hoewel die skilderye
se basis oppervlak wissel van houtbord, plat skilderbord,
gestrekte skilderdoek, los doeke en papier. Na voltooiing van
die skilderye word hulle behandel met kunsvernis. Die skilderye
op los doeke of papier kan op versoek geraam word om die waarde
en kwaliteit behoue te laat bly.
Kontak Maggie's Exquisite Artworks vir meer besonderhede of vir
'n opdrag vir 'n skildery.
Hoewel Maggie tans net met akrielverf skilder sal sy met
graagte ook opdragte in waterverf of selfs olieverf oorweeg.
|