Maggie's Exquisite Artworks

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesJuwelegaleryHangertjiesJuweelstelletjiesSleutelringe

Updated: March 24, 2012 ** Opgedateer: 24 Maart 2012

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Voortreflike Juwele

Hangertjies, Haartooisels en Pragtige Bykomstighede

Jewelery * Juwele

Maggie se Keurige Kunswerke is 'n unieke ontwerpateljee met 'n visie om onder meer eksklusiewe, maar tog bekostigbare ontwerpersjuwele te ontwerp en te vervaardig.

Maggie se juwele bied aan die kliënt 'n unieke fusie tussen eg persoonlike dog hoogs professionele ontwerpe. Soms is die vermenging subtiel, soms baldadig en met heerlike spontaniteit. Die swierige skeppings is egter voortreflik, na vele se smaak en van uitstaande gehalte!

     
Die juweelskeppings sluit onder andere in bybehore by aanddrag, balrokke, trourokke, strooimeisie-rokke, asook saam met formele drag vir dames vir spesiale geleenthede soos herdenkings, troues, doopgeleenthede en talle meer. Tog is daar ook baie mooi juwele vir elke dag se dra.

Talle juwele word spesiaal ontwerp om die individuele styl en persoonlikheid van die kliënt te weerspieël, maar daar is reeds 'n pragtige reeks klaar vervaardigde juwelierstukke wat insluit hangertjies, haarknippe, armbande, oorkrabbetjies en stelle van verskeie mooi kombinasies.

Maggie se Keurige Kunswerke skep en voorsien juwele om die uitrusting nie net uitsonderlik te maak nie, maar volmaak af te rond en jou daardie unieke voorkoms te gee wat lank nog in die geheue sal bly. Daar is vanaf pragtige fyn, silwer juwele en pêrels tot spesiaal handgemaakte juwele van alledaagse items. Dit sluit is lepel en siersteentjies wat die kledingstuk met bo verwagte trefkrag sal beklemtoon.

Of jy nou 'n geskenk wil koop, iets buitengewoon na 'n besondere geleentheid wil dra of wil spog met 'n unieke item, Maggie se keurige juweelkunswerke is net die regte plek om geholpe te raak met elegante bykomstighede.

Maggie se Keurige Kunswerkateljee voorsien beide klassieke en modieuse juweliersware van uitstaande kwaliteit. Elke juweelstuk is handgemaak volgens die kliënt se bepaalde spesifikasies, maar nog steeds teen bekostigbare pryse. Daar is ook talle vooraf vervaardigde produkte wat waarskynlik in baie se smaak val, maar Maggie se Keurige Kunswerke sal met graagte ook nuwe ontwerpe maak spesiaal vir u baie besondere geleentheid soos 'n verjaardag, herdenking of sommer net omdat u iemand lief het en iets baie besonders vir daardie persoon wil gee.

Hierdie reeks van Maggie se Keurige Kunswerke sluit in:

     
Juweelstukke
Dit sluit in hangertjies, armbande en oorringe. Besoek die galery vir voorbeeld van hierdie buitengewone mooi kunswerke.
Fotogalery>>
   
Hangertjies en Halssnoere
Sommige treffende werke in krale, silwer en meer.
Lees meer>>
   
Juweelstelletjies
Uiters pragtige stelle in krale, kant en kettinkie-kombinasies of silwer.
Lees meer>>
   
Sleutelhouers
Is anders
Lees meer>>
   

Bemarkings moontlikhede by Maggie's Exquisite Artworks

Wil jy graag Maggie se juwele verkoop? Voorsien ons dan van jou besonderhede via die Navraagvorm en ons stuur vir jou meer besonderhede hoe om een van Maggie se Juweliers-agente te word. Alternatief kan jy die Agente bladsy besoek vir meer inligting of om sommer dadelik 'n Aansoek om Registrasie in te vul en te stuur.

Wil jy graag meer inligting oor verwante produkte hê? Besoek:

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Skilderye
Juwele
Kerse
Botteltjies
Inkleurboeke
Geskenke
Skatpakkies

 

Juwelegalery
Hangertjies
Juweelstelletjies
Sleutelringe

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesJuwelegaleryHangertjiesJuweelstelletjiesSleutelringe

ADSA for Free Ads (Kitten playing with wool) * ADSA vir Gratis Advertensies (Katjie speel met wol)

 

 

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

Download Bible: Angel playing violin
 

Bybel vir Aflaai
Download Bible