Maggie's Exquisite Artworks

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesKersegalery

Updated: March 24, 2012 ** Opgedateer: 24 Maart 2012

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Kerse

Romanties en Rustig

Kerse skep 'n gerusstellende en heerlike spesiale atmosfeer.

Maggie se Keurige Kunswerke voorsien kerse vir alle tipes partytjies of byeenkomste. Dit maak nie saak of die geleentheid spoggerig, elegant, klein of informeel is nie.

As u in die spysenieringsbedryf of bloemiste onderneming is, kan u gerus kyk na al die produkte wat Maggie se keurige kunswerke aan die bedryf verskaf, maar veral die baie oulike versameling kerse. Tafelversierings en blomme-rangskikkings of geskenkmandjies se afronding sal pragtig voltooi word deur dié intenskleurige en skitterende produkte.

Maggie se Keurige Kunswerke: Kerse

     
Alle byeenkomste soos trouseremonies; verjaardagpartytjies; herdenkings; spesiale kerksamesang; dinees of jaareindfunksies, is alles geleenthede om Maggie se kerse te benut.

Dis maklik om 'n rustige en gesellige atmosfeer te skep met Maggie se kerse. Maak die tafeldekor by die Kersmaal iets wonderlik besonders hierdie jaar.

Sommige versierkeuses wat maklik bekombaar is by die kerse wat deur Maggie geskep word is die volgende:

1. Prente of foto's
2. Lettername of korporatiewe embleme
3. Teks soos kort versies byvoorbeeld van 'n geliefkoosde Bybelversies, gediggie, spreekwoord of aanhaling
4. Geparste blomme en blare

Heerlike gegeurde kerse in handige koppies of sierlike glashouers is ook deel van Maggie se kersprodukte.

Is u besig om 'n pragtige geleentheid te beplan, maar het kerse nodig om die dekor en bykomstighede by die tafels, ontvangs area, saal of eetkamer se effek te verhoog? Miskien is die geleentheid 'n huweliksherdenking, 'n baie spesiale feesmaal of korporatiewe geleentheid. Dekordienste by sulke geleenthede is beskikbaar. Kontak Maggie net en sy sal u nie net droom idees gee om die versierings te beklemtoon nie, maar sal na die onthaalplek kom en al die kersversierings op die tafels, in die saal, kapel, kerk of byeenkoms kom sit. Tans word hierdie diens slegs gelewer in die Hartbeespoort, Pretoria, Brits en omgewings.

Bonus aanbiedings vir grootmaataankope is beskikbaar.

Stuur 'n Navraag as u meer inligting verlang oor die kerse. 'n Eposbrosjure met die nuutste produkte is beskikbaar op aanvraag.
 

     
 

Produkreeks:

     
Enkel Items
Helder klein kolwyntjie-kersies en baie meer. Kerse is maklik bekombaar in verskeie manjifieke geure soos sjokolade, aarbeie en room, sitrus, laventel en lemmetjie.
Fotogalery>>
   
Geskenkstelle
Talle geskenkpakkies is beskikbaar, byvoorbeeld pakkies met 3 of 4 kerse in verskillende groottes, maar met dieselfde kleur en aroma. Kerse is gewoonlik ook ingesluit by die Skatpakkies.
   

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Skilderye
Juwele
Kerse
Botteltjies
Inkleurboeke
Geskenke
Skatpakkies

 

Kersegalery

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesKersegalery

ADSA for Free Ads (Kitten playing with wool) * ADSA vir Gratis Advertensies (Katjie speel met wol)

 

 

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

Download Bible: Angel playing violin
 

Bybel vir Aflaai
Download Bible