Maggie's Exquisite Artworks

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesBotteltjiesgaleryBadkamerstelleKombuisstelleKeur Resepte

Updated: March 24, 2012 ** Opgedateer: 24 Maart 2012

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Oulike Botteltjies

Turkoois, swart, helder geel en sagte pers

Maggie se Keurig Kunswerke Klein botteltjies

Maggie se Exquisite Artworks verskaf oulike, tog handige botteltjies. Die glasbotteltjies is in 'n standaardgrootte van 350 ml.

Elke botteltjie word geverf met akrielverf, versier met sagte kunsdraad wat in krulpatrone gevorm word. Dit kan ook nog verder versier wees met mooi silwer of goue kettinkies of blinkers, lowertjies of "sequins" of deursigtige gekleurde sierstene, of 'n kombinasie van 'n aantal dekoratiewe kuns. Kleure en versierings is pragtig ornamenteel, maar die botteltjies is ook handig. Omdat elke botteltjie per hand versier word, skep dit 'n meer unieke en meer persoonlike gevoel by die ontvanger van die geskenk.

     
 

Na voltooiing van die versiering word die botteltjies met kunsvernis geverf, sodat die botteltjie maklik wasbaar is.

Die botteltjies kan vir enige geleentheid gebruik word van houers vir heerlike geurige badsout of badkristalletjies, vir praktiese soushouers by restaurante tot 'n dankiesę-geskenk. Die verskeidenheid kleure is te fantasties.

Hierdie produkte maak beslis oulike geskenkies en dis mooi dekoratief. Dis ideaal om byvoorbeeld aan die einde van die jaar as maatskappy-geskenk met die besigheid se embleem en met 'n kort spreuk of boodskappie vir kliënte te gee.

Die botteltjies maak die slimste kombuistee-geskenkies. Gooi byvoorbeeld verskeie soorte sade vir broodbak in die botteltjies soos lynsaad, sonneblomsade en manna. Voeg daarby jou gunsteling broodresep en siedaar, te oulik! Jy het dan 'n mooi en persoonlike geskenk. Kyk gerus by Maggie se Keurige Resepte vir twee heerlike resepte wat sy self saamgestel het en met graagte met besoekers deel.

Op versoek kan die botteltjie verpersoonlik word met bv: die naam van 'n geliefde of 'n spesiale Bybelvers.

Botteltjies is beskikbaar in helder glas, maar gekleurde glas sal ook oorweeg word op aanvraag.

Wil u graag 'n ander grootte of ander vorm bottel geverf en versier hę of selfs 'n pragtige glasvaas laat versier? Stuur die besonderhede gerus vir oorweging. Maggie sal met graagte kyk na voorstelle en versoeke.

Produkreeks:

     
Enkel Items
Kyk na 'n paar pragtige voorbeelde in die botteltjiesgalery.
Fotogalery>>
   
Stelle
Die volgende botteltjiestelle is beskikbaar:

Kombuis

Asyn- en oliestelle (Kombinasie pak)
Asynstel
Oliestel

Sien meer>>

     

Badkamer

Bad- en badoliestelle (Kombinasie pak)
Badsoutstelle
Badoliestelle

Sien meer>>

     
 

Daar is twee botteltjies in 'n stel en 'n stel kos goedkoper as los botteltjies. Groter stelle kan ook voorsien word op aanvraag.

Neem asseblief kennis dat die botteltjies leeg is, maar vir 'n minimale bedrag, kan die botteltjies ook gevul word met die produkte van u keuse.

 
   
Geskenkstelle
Geskenkpakkies is beskikbaar. Netjies verpak en in gekoördineerde kleurverpakking.
   

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Skilderye
Juwele
Kerse
Botteltjies
Inkleurboeke
Geskenke
Skatpakkies

 

Botteltjiesgalery
Badkamerstelle
Kombuisstelle
Keur Resepte

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesBotteltjiesgaleryBadkamerstelleKombuisstelleKeur Resepte

ADSA for Free Ads (Kitten playing with wool) * ADSA vir Gratis Advertensies (Katjie speel met wol)

 

 

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

Download Bible: Angel playing violin
 

Bybel vir Aflaai
Download Bible