Maggie's Exquisite Artworks

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesInkleurboekegaleryVerrassingspakkie

Updated: March 24, 2012 ** Opgedateer: 24 Maart 2012

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Inkleurboeke

Prettig en Opvoedkundig

Maggie's Exquisite Artworks Colouring Books

     

Absoluut unieke en wonderlik kleurvolle inkleurboeke word deur Maggie's Exquisite Artworks geskep. Hierdie inkleurboeke is nie die gewone of tipiese soort inkleurboeke nie, maar word baie uniek ontwerp met die bepaalde belangstellings van die kind ingedagte.

Maggie se inkleurboeke is daarop gemik om die kind baie spesiaal te laat voel by ontvangs van die geskenk. Aangepaste en verpersoonlikte inkleurboeke deur die byvoeging van 'n naam of 'n titel op die voorblad, is beskikbaar.

Wil jy graag 'n inkleurboek koop wat net popprente in het vir 'n jong dogter wat baie hou van allerlei mooi poppe? Soek jy na 'n inkleurboek met baie prente van wilde diere soos tiers, olifante en leeus? Miskien hou jou kindjie van prente met dinosourusse. Maggie kan inkleurboeke voorsien met sulke temas en talle ander!

Elke inkleurboek se voorblad is afsonderlik geverf om die boek sy eie identiteit te gee. Die boek bestaan uit 30 bladsye, A4 grootte. Elke bladsye sal ure se vreugde en genot aan enige kind verskaf. Leęrknippe word gebruik vir die bind van die inkleurboeke om die hanteerbaarheid te verhoog.

Afslag-aanbiedings vir grootmaataankope is beskikbaar en dagsorg, skole, kleuterskole en kindergarten onderwysers is baie welkom om Maggie te kontak om meer inligting te bekom oor spesiale aanbiedings.

Stuur 'n Navraag as u meer inligting wil bekom van hierdie mooi boeke. 'n Eposbrosjure met die nuutste produkte is beskikbaar op aanvraag.

 
     
 

Produkreeks:

     
Enkel items
Die inkleurboeke bestaan uit 30 prente en word aangebied in 'n ringbinder, sodat die kind sy/haar eie prente ook kan invoeg. Die bladsye is A4 grootte en die boeke is in bepaalde temas of 'n kombinasie van verskillende onderwerpe. Hierdie produk word aanbeveel vir kinder van ongeveer 5 ot 10 jaar oud.
Fotogalery>>
   
Verrassingspakkies
Hierdie is sommer net iets spesiaal vir daardie verrassingsgeleentheid.

Lees meer>>

   

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Skilderye
Juwele
Kerse
Botteltjies
Inkleurboeke
Geskenke
Skatpakkies

 

Inkleurboekegalery
Verrassingspakkie

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSkilderyeJuweleKerseBotteltjiesInkleurboekeGeskenkeSkatpakkiesInkleurboekegaleryVerrassingspakkie

ADSA for Free Ads (Kitten playing with wool) * ADSA vir Gratis Advertensies (Katjie speel met wol)

 

 

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

Download Bible: Angel playing violin
 

Bybel vir Aflaai
Download Bible