Maggie's Exquisite Artworks

 SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpProdukteOntwerpeGebeureUitverkopingsPryseAgenteNavraeKontakRegistrasievorm

Updated: March 24, 2012 ** Opgedateer: 24 Maart 2012

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Agente vir Maggie's Exquisite Artworks

 

Bemarking van Maggie se Keurig Kunswerke

Wil jy graag die pragtige produkte van Maggie se Keurige Kunswerke in jou omgewing verkoop?
Word dan een van ons agente.

   
Maggie se Keurige Kunswerke is beskikbaar teen bekostigbare pryse en ons streef daarna om ons produkte al hoe makliker aan die publiek beskikbaar te stel. Om in daardie doel te slaag, werf Maggie's Exquisite Artworks tans agente om die produkte te herverkoop.

'n Hele aantal geleenthede is beskikbaar om hierdie lieflike groepe kunsprodukte te verkoop. Maggie's Exquisite Artworks wil hierdie unieke en besondere produkte in meer en meer areas versprei. Gevolglik wil ons kontak bewerkstellig met agente en besigheids- verteenwoordigers wat hierdie pragtige reeks kunsprodukte wil verkoop. Voornemende agente en verteenwoordigers moet die produkte self aankoop en dan herverkoop.

Óf jy nou geleë is in die noorder gebiede van Suid-Afrika, naby die Limpopo óf aan die voet van Tafelberg, hierdie produkte is veelsydig en bekoorlik en sal in enige plek 'n aanwins wees. Probeer die produkte gerus in jou winkel of afsetgebied. Privaat persone is ook welkom om ons te kontak om 'n herverkoper in hul area te word.

Maggie se Skilderye is wonderlik, gekoesterde erfstukke en winsgewende kunswerke! Die Inkleurboeke sal 'n topverkoper wees by speelgroepies, crèches, kleuterskole of verjaardagpartytjies vir kinders. Die unieke Juweelkunswerke is uitstekende geskenke en die Klein Botteltjies en Kersversameling, is baie handig, ten spyte van hul mooi dekoratiewe waarde.

Kleiner besighede, maar selfs groot maatskappye is welkom om met ons kontak te bewerkstellig om te bespreek hoe hulle kan deel neem om die produkte in hul winkels en agentskappe te versprei en te verkoop.

Kleiner ondernemings is perfekte afsetgebiede vir hierdie produkte. Dit sluit in geskenk-, aandenkings of soewenierswinkels, snuistery- of rariteitewinkels, bloemiste, kwekerye en tuin-sentrums of boek- en kaartjiewinkels, dekor- en binnehuisversierings-maatskappye, en so meer. Veral boetieks of modewinkel en klerewinkels sal voordeel trek uit Maggie se pragtige en hoogs unieke Juweelstukke.

Daar is dus talle geleenthede vir agente en verteenwoordigers om iets moois en aangenaam aan kliënte te verkoop en groter afslagpryse is beskikbaar vir agente. Kleinhandelaars is welkom om ons te kontak om meer te wete te kom oor die herverkope van die ware. Grootmaataankoop-geleenthede, asook winskopies is beskikbaar.

Interesseer die reeks kunsprodukte van Maggie's Exquisite Artworks jou? Stuur dan 'n Navraag vir meer inligting en Maggie sal jou kontak oor hoe om hierdie buitengewone kunsprodukte te verkoop. Andersins kan jy bloot net voortgaan en die Aansoek om Registrasie as Agentvorm aanlyn in te vul. Daar is GEEN aansluitingsfooie van toepassing om aan te sluit as agent nie.

Andrea Peyper - selno: 0722261592 van Pretoria area

Maggie het reeds 'n verteenwoordiger in Atlanta, Georgia, Amerika. Kontak daardie verteenwoordiger sommer direk as u in Amerika is, deur die Atlanta Navraagvorm te gebruik.

Maggie het nou ook 'n verteenwoordiger vir die Pretoria-omgewing. Skakel dié dame by: Selnommer: 072 226 1592 of gebruik die
Pretoria Navraagvorm as u epos vir Andrea Peyper wil stuur.

Gebruik asseblief die algemene Navraagvorm om eposkommunikasie te maak as u vrae of kommentaar het vir Maggie self.

Dankie vir jou belangstelling in Maggie's Exquisite Artworks.
 

   

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Produkte
Ontwerpe
Gebeure
Uitverkopings
Pryse
Agente
Navrae
Kontak

 

Registrasievorm

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpProdukteOntwerpeGebeureUitverkopingsPryseAgenteNavraeKontakRegistrasievorm

ADSA for Free Ads (Kitten playing with wool) * ADSA vir Gratis Advertensies (Katjie speel met wol)

 

 

ADSA vir Gratis Advertensies
ADSA for Free Ads

 ARK Web Design © 2012
ARK Webontwerp © 2012

Download Bible: Angel playing violin
 

Bybel vir Aflaai
Download Bible